WELKOM BY

ROBERTSON
VOORBEREIDINGSKOOL

AANSOEKE

Aansoekvorms vir Gr. R en Gr. 1-3.

PROSPEKTUS

Laai ons RVS prospektus en inligting hier af.

SKOOLREËLS

Lees ons skool- en gedragsreëls.

SKOOLFOOIE

Vind meer uit oor ons nuutste skoolfooie.

Baie welkom by Robertson Voorbereidingskool se webtuiste.

Robertson Voorbereidingskool is die tuiste van die Klein Robbies.  By ons skool speel en werk ons baie hard om seker te maak dat elke leerder optimaal ontwikkel.  Hier wil ons selfvertroue in elke leerder ontwikkel sodat hulle die onmoontlike kan vermag.  Deur selfvertroue te gee, sal prestasie, werkywer en pligsgetrouheid natuurlike uitvloeisels wees.

Die skool huisves leerders vanaf Gr R -3.  Daar is 3 klasse per graad, waarvan een per graad, `n dualmedium klas is. (Afrikaans en Engels word as Huistaal in hierdie klasse aangebied). Akademie is die hoeksteen van ons skool en daarvan getuig ons jaarlikse sistemiese uitslae.

Op sport- en kultuurgebied bied ons `n wye verskeidenheid aktiwiteite om aan deel te neem.  Sport word gedurende skooltyd aangebied wat massadeelname veroorsaak.  Aktiewe kinders is gelukkige en gesonde kinders en dit is verseker die doel wat ons vir elke Klein Robbie het.

Geniet die kuier op ons webblad – dit is `n venster om te sien wat alles in die lewe van `n Klein Robbie gebeur.

Met respek en waardering.

Voorbereiding-groete, mev. Sanette Prins

Skoolhoof

RVS VISIE

‘n Strewe om RVS met effektiewe en gehalte-onderrig in afhanklikheid van God te bedryf en opvoeding in vennootskap met die ouerhuis te verskaf

Kontak ons: